
=====================================================================
Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Vroeg al gestry vir Afrikaans

Dr. Johnie Nel,   medikus van Kaapstad, het 'n knipsel uit die Oosterlig,   nou Die Burger Oos-Kaap. Daarin word vroe stryders vir 
Afrikaans in die Baai gehuldig, onder wie sy oupa mnr. Frans Hay was.

Mnr. F.F. Davel skryf in April 1972 in die briewerubriek van die Oosterlig:   "In 1916, gedurende die Eerste Wreldoorlog was die 
Afrikaanse taal hier in Port Elizabeth nie alleen 'n vreemde taal nie, maar ook 'n taal wat deur die oorgrote meerderheid van die inwoners 
van hierdie stad by die see met die grootste minagting bejen is.

"Dit was gedurende hierdie tydperk van veragting teenoor die Afrikaanssprekende dat 'n paar jong mans bymekaar gekom en die moontlikheid 
van die stigting van 'n Afrikaanse debatsvereniging, wat as middel kon dien vir die Afrikaner om uiting te gee aan nasietrots, oorweeg het.

"In beginsel het die paar jong mense op die stigting van so 'n vereniging besluit, maar waar om 'n vergaderplek te kry was hul moeilikheid. 
Dit was toe wyle mnr. Frans Hay van Markstraat en wyle mnr. Christoffel Greeff van Adderleystraat hul huise aangebied het as vergaderplek 
vir die voorgestelde debatsvereniging.

"In hierdie huise wat ook maar klein was, is die eerste Afrikaanse debatsvereniging in Port Elizabeth gebore; daar het dikwels goed veertig 
of meer hongerige Afrikaanse harte saamgedrom om in vrede en liefde uiting te gee aan hul gevoel van nasietrots; wonderlike verkwikkende 
aande is daar om die beurt by hierdie huise geniet.

"Een van die jong mans wat destyds besiel was met die gedagte van die stigting van hierdie vereniging, is wyle oom Pieter Terblanche Marais 
wat verlede   Sondag, 1 April, oorlede is. Met sy heengaan is weer 'n skakel gebreek in die ketting van daardie klompie Afrikaners wat byna 
46 jaar gelede die fakkeldraers was om die fakkel van Afrikanerskap onder die moeilikste omstandighede omhoog en aan die brand te hou.

"... daar (is) 'n drang in ons hart om 'n kransie van dankbare hulde op die grafte te l van almal wat langs hierdie vereniging hul deel 
bygedra het tot die opbou van ons taal en ons kultuur; ons wil hul nagedagtenis eer."

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5114.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

